Gebiedsbestuur Oorde Staatmakers Jaarprogram Kampe Terreine Fotos Hou Koers KomiteesOmsendbriewe Ander skakels Terugvoer

Natal Voortrekkers


Fotos
van Natallers


Kliek op 'n klein fototjie om die groot weergawe te sien.
Hou die muis vir 2 sekondes bo-oor 'n foto om 'n beskrywing te sien.

Zaay Lager PD Kamp
April 2000
Die jaarlikse PD kamp op Zaay Lager was weereens 'n belewenis vir jonk sowel as oud (Oud? OUD?!? Jy kry mos nie so iets in die Voortrekkers nie! Kom ons noem dit maar meer, erm, volwasse.)

So begint elke kamp: tent opslaan voor die groot reëns uitsak... Jaques, ons betroubare Provinsie Skakeldraer, bied aan om al die tente vir ons man-alleen op te slaan! Op een of ander manier SAL ons by die kamp uitkom! Vlagparade op Zaay Lager Die Staatmakers wys hoe dit gedoen word Aaahh!  Etenstyd!! Waarvoor lyk Jaco nou so skuldig...? Laatslaap is een van die hulp se regte... Kommunikasie hoofkwartiere. 'Moet daai reflekse skerp hou.  Speletjies is baie goed vir reflekse, ja. O heng, ek dink Jaques gaan vir Francisca verbyvat!  Kyk uit voor! Cobus wil weet of hy nie sy wagbeurt kan verkoop nie Jaaa, speel alweer speletjies, nê! Die maters is baie bak met hulself oor iets! Sharon besig om aan die kamp-blaadjies te werk tot laat in die nag. 'n Verveelde kameraman...  se skoen...

Boeresport op Zaay Lager
April 2000
Darem niks soos 'n Boeresportdag om mens weer jonk te laat voel nie!

Kennetjie - moet net nie laat my Ma my nou sien nie! Ryg die toiletpapier eers bo-oor, dan onderdeur...  hier kom 'n ding! Kyk nou net hierrie gemors! Treeek, bulletjies!! Heng, as daai meisies ons darem nou wegtrek... Water aandra - amper makliker om 'n vurk te gebruik! Hardloop!  Nee, moenie laat val nie!  O wee! En die wenspan is...  uit hul velle van blydskap! Waterbalongooi, hope pret as jy hou van natword! Daai balon moet net nie nou bars nie! Henro het nie so goed van die geveg afgekom nie!  Pap-sop-nat! Ons moet weer so maak! Dis lekker! Brits en Junior sal die beoordeling van die kantlyn af doen Het iemand 'n pilletjie vir die sieketannie?

Bundukamp by Weenen
April 2000
Ongelukkig kon ons fotograaf eers op die laaste dag van die kamp by Weenen uitkom omdat hy by die PD-kamp op Zaay Lager betrokke was, en dus kon hy geen aksie-fotos kry nie. Toe hy daar aankom, lê die hele lot Verkenners uitgepass en kla van 'n rowwe tyd en hoenderslagtings... siestog.

Burnie lyk soos 'n ware safari-baas Carl, aka M-I:2 Staatmakers in die rivierbedding Lekker om nonsens te gesels Almal vir een, en elkeen vir homself! Die Bundu-kombuis Sonsondergang oor die pragtige Weenen Natuurreservaat Tarina jaag 'n paar Juniors rond Weerkaatsings uit die rivierbedding Burnie se span lyk heel tuis in hierdie boom! Kan jy die slang in die gras gewaar...? As hy nie genies het nie, sou ek hom nooit gesien het nie!

Vergadering by Bodie...
Mei 2000
Omdat die vergadering (soos gewoonlik) hoogs konfidentieel en privaat was, was ons nie toegelaat om fotos te neem daarvan nie. Maar die lekker geselligheid daarna was oop vir almal!

Jaques wys die ooms hoe om te braai Bodie Bodenstein, Sias Cronjé en Jaques Ueckerman Burnie het almal aan sy lippe Raait, laak net so bietjie dink... Geen kommentaar! Diep besprekings Jaco en oom Danie gesels rekenaars En toe pluk John Wayne daai Uzi van hom só uit... Jaques Sharon, Sias, Bodie, sy seun en dié se hamster.

Pionier se Kommandokamp
Hierdie fotos is van Pionier se kommandokamp wat onlangs gehou was. Die laaste twee is geneem op Congella se jaarlikse kaskardag in Durban.

Die hele klomp saam! Dink julle die ding sal aanhou dryf met ons ook nog op? Kyk ma, ons roei! 'n Kind in sy element: lekkkerrr vuil! Raai bietjie wat ek doen! Toiletpapierkaskenades Stoot manne, hulle gaat ons verbyvat! Wel, ten minste gaan ons nou bespaar op petrol...

Presidentsverkenner Oorhandigingsaand
Natal het hul Presidentsverkenner oorhandigingsaand gehou op 19 Augustus, en was dit nou nie 'n uithang geleentheid nie! Natal se Presidentsverkenners is Aneldarí Vermaak, Corlia Swanepoel, Julius Pretorius en Theo de Beer.

Natal se Hoofspanleiers, Julius Pretorius en Aneldari Vermaak Julius Pretorius, Aneldari Vermaak en Theo de Beer HSL Julius Pretorius, GL Sias Cronje,  AGL Sharon Cronje,  HSL Aneldari Vermaak, AHL Louis Blom,  AGL Johan Bodenstein en Theo de Beer Theo de Beer, Aneldari vermaak en Julius Pretorius Trotse ouers Offisiere lekker aant kuier 'n Paar van die besonderse tafel ornamente Iona van Niekerk en haar onthaalspan, wat die saal so voortreflik voorberei het.

Bundu kamp 2001
April 2001
Hierdie jaar het die ouens weer so gemaak, en nog 'n onvergeetlike Bundu-kamp aangebied.
Die groep Veldbewustheid groep het hierdie nie nie soos ouder gewoonte net een nag in die veld geslaap nie, maar sommer twee nagte! In die bitterlike koue reën boonop ook nog...

Die oggend na die nag vantevore... Die tweede nag het ons baie droeër geslaap! Fielies tem bietjie die ysbere! Na 2 dae sonder kos is so 'n ou worsietjie darem maar lekker!!

Ons was baie bevoorreg om Cobus de Jager se plaas te kon gebruik vir die kamp, en het reg langs die lieflikste waterstroompie laer getrek!

Die Otters is besig om 'n dam te bou! Lekker!  maar waar kom die borreltjies dan vandaan...? Johan Matthee besig om stout te wees! Moenie vra nie...  ons is self nie seker wie of wat hierdie is nie! Kyk Ma, ons leer krap eet!! Lekker om in die water te baljaar Lieflike sonsondergang... Wat is 'n kamp sonder 'n kampvuurtjie? En wat is 'n kamp sonder lekker musiek! Grootbek! Eina, nie die voet nie!

Staatmakers
Vir Natal se Staatmakers-foto's, gaan loer gerus op hul eie webblad by
http://www.staties.co.za/natal/staties/foto.htm

 

 

 

Webblad geskep deur Jaco Nel. Enige probleme met hierdie blad moet gestuur word aan die Webmeester. Kopiereg© 2000, 2001, Die Voortrekkers van Natal. Alle regte voorbehou.